GEORGE NUUSFLITS - Kriminele gee deesdae nie om uit wie se voertuig hulle steel nie.
Toerusting ter waarde van R500 000 is op Maandag 24 Julie uit 'n polisievoertuig in Thembalethu gesteel.
Die polisie het die volgende dag agt mans tussen die ouderdom van 19 en 33 in hegtenis geneem.
Van die gesteelde goedere is in hulle besit gevind.
Die res word nog gesoek.
Die verdagtes verskyn môre, Vrydag 28 Julie in die Thembalethu-landdroshof.
Meer inligting volg soos dit bekend is.
Van die gesteelde goedere wat terug gevind is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'