GEORGE NUUS - Twee voetgangers en vyf insittendes van 'n motor, ‘n bestuurder en passasiers, is beseer tydens ‘n ongeluk gistermiddag omstreeks 14:30 by ‘n brug naby Rosemore.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, het die polisie by Conville ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen. Die oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word en niemand is in hegtenis geneem nie.
Die polisie het met hul aankoms op die toeneel ‘n wit Volkswagen Golf op sy dak gevind.
“Die beskikbare inligting dui aan dat die voertuig die pad verlaat en omgeslaan het. Die beseerdes is na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Spies gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'