GEORGE NUUSFLITS - Verkeer op die R102 (lughawepad) word tans gereguleer ná ‘n ongeluk voor Outeniqua Palms-kwekery waarin drie voertuie vroeër vanoggend (Maandag 23 April) betrokke was.
ER24-paramedici was op die toneel en het ses pasiënte, twee met ernstige beserings en vier wat minder ernstig beseer is, na die Mediclinic George geneem.
Een ander pasiënt is met geringe beserings na die George-hospitaal geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ER24-paramedici was op die toneel.
Een pasiënt is met geringe beserings na die George-hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'