GEORGE NUUS - Vier plaaslike musiekstudente van Natasha Olivier in George is opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat in 2022 aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste (WCOPA) gaan deelneem.
Die vier studente, Maja Snyman, Miré de Waal, Monique Roux en Shani Ehlers, is gekies tydens die onlangse SA kampioenskappe vir uitvoerende kunste.
Die talentvolle Maja Snyman het sewe goue medaljes, twee silwer- en een bronsmedalje huis toe gebring. Sy is aangewys as die algehele instrumentale junior kampioen asook groot instrumentale kampioen.
Miré de Waal het een brons- en een silwermedalje losgeslaan en Monique Roux een brons en een silwer.
Nog 'n student van Olivier, Norma Walters het aan die SA kampioenskap deelgeneem.
Die wêreldkampioenskappe word volgende jaar van 22 tot 30 Julie in Los Angeles, Amerika, aangebied.
Shani Ehlers
Monique Roux
Norma Walters
Miré de Waal
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'