GEORGE NUUS - Vier mense is vanmiddag beseer nadat hulle deur 'n Go George-bus in Nieuwoudstraat, Rosemoor raakgery is.
Volgens inligting is twee persone, 'n man en vrou, raakgery nadat hulle voor die bus, in die pad, beland het.
Die bestuurder het uitgeswaai en in 'n oop veld beland waar nog twee persone, twee vroue, ook raakgery is. Al vier beseerdes is na die George-hospitaal geneem.
Volgende Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, ondersoek hulle 'n saak van roekeloos en nalatige bestuur.
Volgens inligting is twee persone, 'n man en vrou, raakgery nadat hulle voor die bus, in die pad, beland het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'