Warning: Graphic content
GEORGE NUUS - Twee mans is Saterdagmiddag erg beseer nadat hulle deur twee Engelse bulhonde gebyt is. Dr. Maree Bester, 'n tandarts van Uitenhage wat in Glentana vakansie gehou het, het Saterdagmiddag omstreeks 17:00 in Gleniqua-rylaan gaan draf toe hy deur dié twee honde in die straat aangeval is.
"Ek het hom gelukkig hoor skree. Toe ek en my man uithardloop na die man [Bester] sien ons hoe hy die honde van homself probeer weghou terwyl die eienaar staan en kyk. Bester was reeds op sy knieë," het 'n ooggetuie, Evereen Ras, aan die George Herald gesê.
Evereen se man, Janco, het nader gehardloop om Bester te help waarna hy in die proses ook deur die honde gebyt is.
Volgens Evereen kon die eienaar daarin slaag om een van die honde onder beheer te kry, maar hy het weer losgekom en albei honde het toe vir Janco begin aanval.
Bester het 'n stok in die hande gekry en die hond oor die kop geslaan waarna hy en die ander hond huis toe gehardloop het met die eienaar agterna.
Albei mans het veelvoudige beserings aan hul arms en bene opgedoen en is gehospitaliseer.
Ras is dieselfde aand ná behandeling ontslaan. Bester was teen druktyd nog in die Mediclinic George.
Een van Ras se beserings van nader.
'n Bytmerk op Bester se linkerarm.
"Ons draf gereeld daar verby met ons 5-jarige seuntjie. Hier is ander kinders ook in die straat. Ek wil net mense waarsku om versigtig te wees. Dis die eerste keer dat ons die honde buite sien, maar 'n mens weet nooit. Moenie jou rug op enige hond draai nie. Dit hele petalje was verskriklik om te aanskou," sê Evereen.
Een van die bytmerke op Bester se arm.
* Two men were attacked by two English Bulldogs in Glentana last weekend. One of the victims, Dr. Maree Bester, a dentist from Uitenhage, was out jogging when the dogs attacked him in the street. Another man, Janco Ras, was attacked by the dogs when he came to Bester's rescue. According to an eyewitness, the owner managed to get one of the dogs under control. The other dog then started attacking Ras. Bester then managed to get hold of a big stick and hit the dog over the head after which he let go of Ras and both dogs ran home with their owner on their heels. Both men sustained multiple injuries to their arms and legs and were hospitalized.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'