Breaking News
GEORGE NUUSFLITS - Verkeer word tans by die verkeerslig na die Garden Route Mall gereguleer na 'n botsing tussen 'n bakkie en 'n Mercedes-motor.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Motoriste word gemaan om geduldig en versigtig te wees.
Drie mense is met ligte beserings na die hospitaal geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Een van die beseerders word na die ambulans vervoer.
Die bakkie wat in die ongeluk betrokke was.
ARTIKEL EN FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'