Die wegspring en eindstreep, asook prysuitdeling, is by Mountview Resort (voorheen George-toeristeoord) in Yorstraat.
Die wegspringtye van die onderskeie wedrenne is soos volg:
- 08:00 - 42.2km;
- 08:02 - 21.1km;
- 08:04 - 10km;
- 8:30 - 5km-pretren.
Yorkstraat gesluit
Yorkstraat sal in totaliteit gesluit wees met slegs beheerde robotkruisings aan motoriste, terwyl Courtenaystraat gedeeltelik gesluit sal wees vanaf die Museumsirkel tot by die Garden Route Mall.
Motoriste moet op die uitkyk wees vir die trokke van Tor Konstruksie sowel as Delco-trokke wat die paaie vanaf 04:00 môreoggend gaan toemaak.
Die sluiting sal duur tot 14:00.
Verdere inligting
Vir enige navrae, kontak Esther Watson by 082 421 9359.