Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die ryke geskiedenis en tradisies van een van Suid-Afrika se bekendste skole Hoërskool Outeniqua, is vandag,15 September, in herinnering geroep tydens 'n buitengewone geleentheid.
Dit was ter viering van die hoeksteenlegging presies 100 jaar gelede. Kwaggas, soos die skool ook bekendstaan, vier aanstaande jaar sy 100-jarige bestaan.
Vandag se geleentheid is in die suidwestelike hoek van die skool gehou waar die hoeksteen destyds gelê is.
Benewens die leerlinge en onderwysers, het oudonderwysers en ook oudleerlinge die geleentheid bygewoon.
Chris Hattingh, onderhoof akademie, het onder meer 'n oorsig van die skool se geskiedenis gegee.
Foto's: Eugene Gunning
Die Nico le Roux-gedenktuin is ook onthul. Le Roux het jare gelede die skool se skoollied geskryf. Sy seun, ook Nico, was vandag teenwoordig.
Twee bekende oudleerlinge, Hannelie Steyn en Anton Meyer, was betrokke by die onthulling van 'n gedenkfakkel in die tuin. Die geleentheid is gepas afgesluit met die sing van die skoollied deur die leerlinge.
VIDEO: Dink terug aan 100 jaar gelede
VIDEO: Hoeksteen legging 100 jaar later
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'