OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Daar is bevestig dat een persoon op die toneel dood is na 'n ongeluk buite Oudtshoorn laat vanmiddag.
Die ongeluk het ongeveer 15km buite Oudtshoorn tussen die radiomas en Perdeskoendraai plaasgevind.
Dit blyk 'n motor wat van voor gekom het oor die middellyn beweeg en 'n aankomende vragmotor reg van voor getref.
Die vragmotorbestuurder kon daarin slaag om uit die kajuit te kom voordat dit aan die brand geslaan het. Hy en sy passasier is ongedeerd.
Die pad gaan nog 'n geruime tyd gesluit wees. Een baan sal moontlik vir verkeer oopgestel word.
Kyk 'n video hieronder.
Die uitgebrande kajuit van die vragmotor.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'