TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Nxa
nxa (ook soms met ’n uitroepteken a.d. einde nxa!) (uitspraak: gew. met ’n suigklank op die x uitgespreek) b.nw.
Ook soms nca. (‹Khoi) Goed, lekker of aangenaam: Dis nxa om jou taal te vier (Son, 25 Febr. 2019, E — opskr.). Jy't ons nooit gesê die Boere is so nxa nie. Op al die dorpies word ons ontvang met soveel warmeheid (A. Krog: Tongval, 2005, 33).
Afrikaanse Taalraad se nxa! nuwe direksie fokus op taaldiversiteit en inklusiwiteit(LitNet, 30 Okt. 2020, E — opskr.).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’