GEORGE NUUS - Die Oase Ouerskap bediening het aan die begin van 2022 tot stand gekom by George-Bergsig Gemeente om die groot behoefte aan bemoediging en toerusting vir ouers aan te spreek.
Dit bied ‘n gemaklike spasie waar ouers leiding kan ontvang van spesialis-sprekers oor relevante onderwerpe.
‘n Verskeidenheid van sprekers word genooi wat belê in ouers en kinders se lewens.
Dit sluit onder andere in:
- Spelterapeute
- Arbeidsterapeute
- Motiveringsprekers
- Predikante
- Pediaters
- Opvoedkundige- en kliniese sielkundiges
- Dieetkundiges
- Onderwysers
Die geleentheid om na hierdie kundiges te luister word heeltemal gratis aangebied en enige ouer, met kinders van alle ouderdomme, is welkom en sal daaruit baat.
‘n Gratis kinderoppasdiens is ook beskikbaar vir kinders tussen 4 en 12 jaar.
Die volgende geleentheid vind Sondag 26 Januarie plaas om 17:00 by George-Bergsig gemeente.
Die spreker is Ds. Rudolph Grobler en die tema is “Tegnologie: Praktiese oplossings vir ouers.”
Kom skep moed en word toegerus!
Kontak Ds. Rudolph Grobler by rudolph@george-bergsig.co.za vir enige navrae.
Besprekings is noodsaaklik.
Gaan na Quicket.co.za en soek “oase ouerskap” om jou plek te bespreek vir die volgende sessie. Of gaan na hierdie skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’