Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Spesiale stemme vir die plaaslike regeringsverkiesing het vanoggend begin. Dit word more voortgesit.
Kiesers wat vooraf aansoek gedoen het kan vandag of more stem. Die grootste deel van die kiesers stem Maandag (1 November).
Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister vir menslike nedersettings, het vanoggend kort na 9:30 sy kruisies gaan trek op drie stembriewe. Een vir die wykskandidaat,die ander vir die proporsionelys en die derde een vir die Garden Route distriksmunisipaliteit.
Simmers,wat in wyk 5 as kieser geregistreer is, het by die klubhuis van die Rosemore-sportstadion gestem. Hy het 'n beroep op mense gedoen om Maandag te gaan stem.
VIDEO: Plaaslike regerings verkiesing het begin
Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister vir menslike nedersettings het vanoggend sy kruisies gaan trek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'