Video
VERKIESINGSNUUS EN VIDEO - Met sowat 804 008 stemme in die Wes-Kaap reeds getel, is sowat 50% van die stemlokale se getalle bekend.
Die kiesafdelingshoof vir die DA se Oosstreek en Karoo-streek, Jaco Londt, het kiesers bedank vir die vertroue wat hulle weer eens in die DA gestel het.
"Mosselbaai kiesafdeling het by verre die beste gevaar van al die kiesafdelings en 61% van die stemme hier behoort aan die DA.
"Hierteenoor het die ANC (24%), die VF+ (5%), die ACDP (2%) die EFF (2%), GOOD (1%) en ander partye gesamentlik 4% van die stemme op hulle verenigig. "Dit is duidelik dat kiesers hul nasionale en provinsiale stem verdeel het," sê Londt.
Kyk 'n video hieronder.
Leader of the DA in the Western Cape, Bonginkosi Madikizela, with Nickey le Roux of Group Editors.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'