GEORGE NUUS - Die twee grootste politieke partye, die ANC en die DA, is tevrede met die opkoms van kiesers by die stembusse in George na die eerste vyf uur van stemmery.
Darryl Sauer van die ANC het kort gelede aan die George Herald gesê alles verloop goed en daar is ook 'n baie goeie gees tussen die verteenwoordigers van die politieke partye.
"Die mense kom in groot getalle stem en dit is bo verwagting. Ons verwag 'n hoë stempersentasie."
Volgens Sauer speel die weer ook saam. Vanoggend was dit aanvanklik bietjie reënerig, maar die weer het intussen verbeter.
Jaco Londt van die DA het gesê dis verblydend dat mense in groot getalle opgedaag het om te stem. Die tendens gaan voort. Daar is egter kommer dat die stempersentasie uiteindelik dalk nie hoog sal wees nie.
Mense kan wel tot 21:00 stem, maar die DA doen 'n beroep op kiesers wat nog nie hul kruisies getrek het om so gou moontlik te gaan stem voordat dit dalk later reën.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'