GEORGE NUUS - ’n Man van Touwsranten, Johnathan Hector (44), het hierdie week sy borgtogaansoek in die George-landdroshof laat vaar en sal weer op Donderdag 8 Mei in die hof verskyn.
Hector staan tereg op aanklag van moord ná die dood van sy lewensmaat, Sharlene Baardman (37).
Sy is op Vrydag 7 Maart in die hospitaal aan ’n steekwond aan haar bors oorlede.
Die voorval het glo drie dae tevore tydens ’n rusie tussen die paartjie plaasgevind en het voor hul drie minderjarige kinders afgespeel.
Daar word verwag dat Hector steeds borgtog sal oorweeg voordat die saak na die streekhof oorgeplaas word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’