GEORGE NUUS - 'n Besigheidseienaar en sy vrou is Woensdag 6 November by hul nommerplaatwinkel in Mitchellstraat aangeval en beroof.
Volgens inligting het die rower die besigheid binnegegaan en gevra vir KZN-nommerplate.
Die eienaar het hom gevra vir sy bestuurslisensie, waarna die rower 'n mes uit sy rugsak gepluk het en die egpaar gedreig het.
Die eienaar en die rower het in 'n bakleiery betrokke geraak waartydens die eienaar in die linkerarm gesteek is.
Die rower het te voet gevlug met die slagoffers se selfone. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’