GEORGE NUUS - Conville-polisie ondersoek die moord op ’n 23-jarige man wat Vrydagaand 3 Julie in ’n messteekvoorval in Proteapark dood is.
Volgens beskikbare inligting het die voorval tussen 23:00 en 23:20 plaasgevind nadat ’n woordewisseling tussen die oorledene en die vermeende verdagte na bewering handuit geruk het.
Die oorledene het glo ’n steekwond aan die bors opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Volgens wat verneem word is die verdagte steeds op vrye voet.
’n Medianavraag is aan die polisie gerig.
Die George Herald sal kommentaar bywerk sodra dit ontvang word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’