Update
GEORGE NUUS - Die twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle die 53-jarige Joan Singrew, néé Van Beulen, in November verlede jaar vermoor het, het Woensdag 5 Maart vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is finaal vir verdere ondersoek uitgestel tot Woensdag 9 April.
Singrew se man, Duane Singrew (46), en sy 45-jarige neef, Heinrich Jumat, se borgtogaansoeke is in Desember geweier.
Haar liggaam is Maandag 25 November, op haar 54ste verjaarsdag, naby Groot-Brakrivier ontdek.
Sy is op om 07:30 Donderdag 21 November laas gesien by haar huis in St Marystraat. Vriende en familie het bekommerd geraak toe sy nie by die werk opdaag nie.
Toe Singrew se dogter daardie aand ná werk by die huis kom en daar steeds geen teken van haar ma was nie, het sy haar as vermis by die Conville-polisiestasie aangemeld.
Die familie het ook oor haar verdwyning op Facebook gepos.
Vier dae later, omstreeks 14:50, het 'n soekspan onder leiding van die Groot-Brak-polisie en 'n K9-eenheid haar liggaam in die bosse ontdek nadat 'n speurhond sy hanteerder na die area langs die voetpad naby Charlesstraat gelei het.
Hier het hulle 'n Go George-baadjie, glo Singrew s'n, in die bosse gevind. Kort daarna is haar liggaam ontdek.
Vorige artikels:
- Joan Singrew-moordsaak uitgestel
- Singrew- moord verdagtes doen aansoek vir bylae 6-borgtog
- Joan Singrew-moord: Verdagtes doen volgende week aansoek om borgtog
- Joan Singrew murder: Two suspects arrested
- Body found on birthday
- Familie bevestig liggaam van Groot-Brak is dié van Joan Singrew
- Vrou se lyk op Groot-Brak gevind
- George woman reported as missing
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’