GEORGE NUUS - Die twee mans wat verlede Vrydag, 29 November, in verband met die moord op Joan Singrew (53) in hegtenis geneem is, het vanoggend vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Singrew se man, Duane Singrew (46) en 'n familielid, Heinrich Jumat (45), word albei aangekla van moord en dwarsboming van die gereg na Singrew se liggaam in Groot-Brakrivier gevind is.
Singrew is laas om 07:30 op Donderdag 21 November by haar huis in St Marystraat, Rosemoor gesien.
Toe haar dogter die aand na werk by die huis kom en daar steeds geen teken van haar ma was nie, het sy haar as vermis by die Conville-polisiekantoor aangemeld.
Haar liggaam is op Maandag 25 November, op haar 54ste verjaardag, in 'n bebosde area naby Groot-Brakrivier gevind.
Die verdagtes bly in aanhouding en kom volgende Maandag, 9 Desember, voor vir hulle borgtogaansoeke. Die staat het aangedui dat hulle borgtog gaan teenstaan.
Joan Singrew
Vorige artikels:
- Joan Singrew murder: Two suspects arrested
- Body found on birthday
- Familie bevestig liggaam van Groot-Brak is dié van Joan Singrew
- Vrou se lyk op Groot-Brak gevind
- George woman reported as missing
Lede van Legally You saam met inwoners van Rosemoor en Pacaltsdorp voor die George-hof vanoggend, Maandag 2 Desember. Foto: Verskaf
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’