Advertorial
GEORGE NUUS - Die beste Wimpy in die Wes-Kaap, Wimpy Yorkstraat, gaan nou selfs nog beter wees. Die Wimpy, wat al sedert 2014 aan die huidige eienaar, Casper du Plessis behoort, is onlangs weer opgeknap.
Geleë in York Boulevard het dit oor die jare al 'n instelling in George geword. Dit is baie gewild onder mense wat by die winkels in die sentrum inkopies gaan doen en dan ook sommer 'n draai by die Wimpy maak.
Daar word heerlik gekuier oor een van Wimpy se gewilde ontbyte of 'n maaltyd. Natuurlik word nie vergeet van die gewilde Wimpy-koffie wat landwyd bekend is nie.
York Boulevard is self 'n tydjie gelede opgeknap wat tot voordeel van die Wimpy is. Daar is nou 'n groter verskeidenheid winkels en die wye gange help dat dit meer verbruikersvriendelik is. Dit help beslis dat meer mense 'n draai by die Wimpy maak.
Du Plessis het oor die jare 'n lang pad met die Wimpy geloop. Die onlangse opknapping was nie die eerste keer nie. Dit is die eerste keer in 2015 opgeknap.
Hy is sommer baie trots dat die Wimpy in 2021 die prys vir die beste Wimpy in die Wes-Kaap ontvang het. Hy het gevoel dis tyd dat die Wimpy 'n nuwe baadjie aantrek, maar steeds die kenmerke behou wat hom so gewild maak.
Met die opknapping is byvoorbeeld die stoffering van die banke oorgedoen en die mure nuut geverf.
Om te voorsien in die groeiende behoefte na mense wat koffie wil drink is 'n nuwe area net vir koffie drink gevestig. Mense wat soggens vroeg uit die vere is kan al van 07:00 daar stop om oor 'n koppie koffie 'n saketransaksie te bespreek. Of hulle kan wegneemkoffie koop om hul kollegas op kantoor te bederf.
Volgens Du Plessis maak hy baie staat op Karl Bassermann, die bestuurder. "Sonder Karl is ons verlore." Hy sorg dat alles klopdisselboom verloop. Hy en die personeel sorg dat kliënte gehalte kos en vriendelike diens ontvang tot hulle sluit om 18:00.
Daar is ook 'n afleweringsdiens saam met MR D. Mense kan die Wimpy kontak by 044 874 1424.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'