GEORGE SAKE NUUS - Willie’s Panelbeaters bestaan reeds sedert 1996, maar belê steeds in die jongste tegnologie om die beste moontlike diens aan klante te lewer.
"Ons is trots om die afgelope drie jaar die goedgekeurde paneelklopper van VW en AUDI te wees in George, Mosselbaai, Oudtshoorn en Graaff-Reinet," sê eienaar Willie Myers.
Die maatskappy spesialiseer in die herstel en spuitverf van panele en die regbuig van onderstelle.
Willie’s Panelbeaters het onlangs ‘n aansienlike belegging gemaak in ‘n spesiale puntsweismasjien (‘spot welder’) van 14 000 Amp wat herstelwerk aan voertuie selfs sterker maak.
"Willie’s Panelbeaters se werk word ook deur Hyundai, Kia, GM, Toyota, Lexus, Volvo, Renault, Cadillac, Hummer, SAAB, Chevrolet en Citroën goedgekeur.
"Ons is lid van SATRA, die SA Towing and Recovery Association en is hierdeur aan ‘n gedragskode onderworpe," sê Willie.
Willie’s Panelbeaters maak ook kleiner duike en skrape aan voertuie reg. Hulle het ‘n spesiale sneldiens wat meer tyd-effektief en goedkoper vir hul klante is - geen lang wagtyd meer nie.
Die maatskappy spog met klantetevredenheid van sowat 99.6% soos gemeet deur ‘n onafhanklike opname van K&A Smart.
Willie’s Panelbeaters se toerusting verskaf rekenaarlesings van die uitslae van herstelwerk aan die onderstel wat gemoedsrus aan klante gee.
Boonop is die maatskappy omgewingsvriendelik en gebruik goedgekeurde verf met ‘n waterbasis wat osoonvriendelik is. Hulle bied 24-uur padbystand en hulp aan klante.
Vir meer inligting, skakel Willie’s Panelbeaters by 044 874 3711.
Lede van Tavcor se personeel was onlangs by Willie’s Panelbeaters toe nuwe toerusting ten toon gestel is. Van links is Stefan Jansen, Johan Kuyler en Neil Blom by Yolanda Myers (naaslinks) van Willie’s Panelbeaters.
Willie’s Panelbeaters spesialieer in die herstel en spuitverf van panele en die regbuig van onderstelle.