Advertorial Gallery Video
WES-KAAP SAKENUUS - Lasarus Wildsplaas hou op 7 Maart hul sesde produksieveiling. Hulle het ses jaar gelede die eerste wildsproduksieveiling in die Wes-Kaap gehou en is die pioniers van die wildbedryf in die Wes-Kaap.
Lasarus Wildsplaas se veiling wek groot belangstelling regoor Suid-Afrika en beloof om die grootste van sy soort in 2020 te wees. SUPER genetika van 35 wildspesies gaan onder die hamer kom, asook Ankole-beeste, Xhosa Lob Ears (inheemse veldbokke), Meatmasters en ’n nuutgeteelde vrylopende Afrika hoenderras word te koop aangebied.
Lasarus Wildsplaas is ’n bekende en gevestigde wildsplaas in die Suid-Kaap wat jaggeleenthede vir Suid-Afrikaners, asook buitelandse jagters bied.
Die beste genetika beskikbaar word op die veiling aangebied vir groot en klein boere, asook nuwe toetreders. Die diere kom almal van een eienaar en is Wes-Kaap aangepas.
Verskeie uitstallers vorm deel van die veiling en heerlike eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees.
Fotogalery: Lasarus Wildsplaas hou veiling
Nico, Sonette en Hertie Lerm, eienaars van Lasarus Wildsplaas nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet. Kontak hulle by 082 443 1147, e-pos lasarusgamefarm@gmail.com of besoek hul webtuiste.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'