Gallery Sponsored Content
OUDTSHOORN NUUS - Een van die hoofredes waarom iemand belê in ‘n aftreeoord, is om gemoedsrus te vind ten opsigte van mediese versorging wanneer jy nie meer na jouself kan omsien nie.
Dis juis hierdie aspek wat soveel onsekerheid en verwarring veroorsaak ten opsigte van heffings betaalbaar en dienste tot jou beskikbaar.
Dis belangrik om eerstens te verstaan dat ‘n versorgingseenheid NIE die dienste van ‘n dokter vervang nie. Die pasiënt sal steeds verantwoordelik wees vir die betaling van sy dokter se dienste sowel as enige medikasie wat toegedien word.
Daar is verskillende modelle wat aftreeoorde volg sover betaling van siekesorgregte aangaan – die tipe model wat gevolg word beïnvloed jou maandelikse betalings wesentlik.
Bestudeer die feite en besluit watter opsie jou sak op die lange duur die beste sal pas.
Hier is ‘n paar daarvan:
- OPSIE 1: Geen maandelikse siekesorgbydrae nie, maar volle bedrag vir versorging per maand betaalbaar aan die versorgingseenheid, wanneer jy dit benodig. By verskeie instansie kan hierdie bedrag wissel vanaf R12 000 tot R30 000 per persoon per maand (etes ingesluit);
- OPSIE 2: Maandelikse siekesorgbydrae met slegs etes betaalbaar indien persoon in persoon in versorgingsseenheid opgeneem word;
- OPSIE 3: Verminderde maandelikse siekesorgbydrae met ‘n gesubsideerde dagtarief betaalbaar wanneer die persoon opgeneem word in die Versorgingseenheid
In al hierdie gevalle verseker die aftreeoord dat daar wel versorgingsorg tot u beskikking is, indien nodig. Opsie 1 het geen maandelikse bydrae nie, maar indien versorging in die versorgingseenheid benodig word, sal dit lei tot groot finansiële bydraes per maand.
Opsie 2 het hoë maandelikse bydraes, maar wanneer die persoon in die versorgingseenheid versorg word, sal hy slegs sy etes addisioneel betaal.
Opsie 3 bied laer maandelikse bydraes, maar ‘n addisionele bydrae per dag vir versorging.
Die Caves Aftreeoord maak gebruik van opsie 3 - die maandelikse bydrae vir siekesorgregte is R330 per persoon.
Indien die persoon in die VE opgeneem word, sal ‘n verdere bedrag van R150 per dag betaalbaar wees vir versorging (plus etes). Dit verseker dat die persoon teen ‘n gesubsidieerde bedrag versorg word indien nodig, maar dat die maandelikse bydrae nie buitensporig is nie.
Buiten die siekesorgheffing het aftreeoorde ook ‘n basiese heffing wat verskillende kostes dek.
Dis baie belangrik om seker te maak watter uitgawes gedek word deur die maandelikse heffings, al dan nie. Doen behoorlike huiswerk en vergelyk al die kostes sonder om net vanselfsprekend te aanvaar dat alle oorde heffings het, maar sommige is eenvoudig hoër as ander. In baie gevalle is die aanname nie korrek nie.
Die rustige leeskamer.
Belangrike koste vir oorweging:
- Eiendomsbelasting
- Eiendomsversekering
- Onderhoud van geboue
- Etes
- Water en elektrisiteit
- Sekuriteit
- Skoonmaakdienste
- Grassnydienste
- Wasgoeddienste
- Mediese bystand dienste
Verswakte sorg.
Vir verder inligting kontak Liesel Neethling 082 412 1038 of besoek ons webtuiste: www.the caves.co.za of e-pos na info@thecaves.co.za
Verswakte sorg ingang.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'