GEORGE SAKE NUUS - Walk in Doctor & Dentist is baie opgewonde oor die feit dat hulle nou met vier van die bes gekwalifiseerde tandartse in George kan spog.
Al drie die Walk in Doctor & Dentist praktyke in die dorp is volledig toegeruste spreekkamers en daar is altyd 'n tandarts tussen 09:00 tot 23:00, Maandae tot Sondae, beskikbaar. Walk in Doctor & Dentist bied alle aspekte van tandheelkunde, nie net noodbehandeling nie.
Dr. Herman Venter het in November 2015 by Walk in Doctor & Dentist aangesluit en sodoende die heel eerste tandarts binne die groep by die Garden Route Mall geword. Dr. Herman Venter is egter nou permanent by die Heatherlands-praktyk gebaseer.
"Ons beoog om op 'n gereelde basis vanaf September 2017 met 'n sedasiekliniek by Heatherlands te begin wat baie sal help met die behandeling van kinders, maar ook volwassenes wat bang of angstig is," sê Marius van Huyssteen, direkteur van Walk in Doctor & Dentist Practice Management.
"Volledige en omvattende behandelingsplanne word aan elke pasiënt voorgelê om te verseker dat hulle net die beste en koste effektiewe diens kry."
Dr. Herman Venter bied ook ortodontiese behandeling aan waarin hy jare ondervinding het. Hy het ook 'n spesiale belangstelling in alle prostodontiese behandeling (krone, implantate en kunsgebitte).
Binnekort sal daar volledige fasiliteite by die Heatherlands-praktyk wees om mondskerms vir mense wat aan sekere sportsoorte deelneem, te vervaardig.
Dr. Anneleen Venter het haar ook in Augustus 2016 by Walk in Doctor & Dentist se span geskaar na 17 jaar in haar eie privaat praktyk in George. Sy het 'n voorliefde vir estetiese tandheelkunde, wat kroon en brug, volmondse rehabilitasie en bleikingsbehandelings insluit.
Walk in Doctor & Dentist het onlangs ook die dienste van twee uiters bekwame tandartse met internasionale ervaring bekom. Dr. Francois Roos wat geruime tyd in London by die Boots Groep betrokke was en dr. Julian Joubert wat na 'n 5-jaar periode vanuit Melbourne Australië teruggekeer het na sy geliefde tuisdorp, is ook nou deel van hierdie span by Walk in Doctor & Dentist. "Die voordeel van Walk in Doctor & Dentist is dat 'n mens geen afspraak nodig het nie en ons bekwame span sal toesien dat daar professioneel, vriendelik en koste effektief na elke pasiënt omgesien word," sê Van Huyssteen. "Ons aanvaar ook die meeste mediese fondse, hoewel nie volgens almal se voorgeskrewe tariewe nie. Ons is nie ingekontrakteer nie."
Walk in Doctor & Dentist praktyke is besig met 'n landswye uitbreidings-program en het reeds sewe praktyke.
In George (3), Pretoria, Benoni, Kempton Park en Stellenbosch. Walk in Doctor & Dentist Mosselbaai-praktyk maak sy deure oop, op 1 November.
Die besigheidsmodel van Walk in Doctor & Dentist behels verdere uitbreiding ten einde net die beste diens aan pasiënte te verseker, 'n diens ervaring, enig in sy soort.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'