GEORGE NUUS - Die liggaam van 'n 33-jarige vrou is Vrydagmiddag, 30 Maart, in haar woonstel in Mitchellstraat gevind.
Volgens die kommunikasiebeampte van George-polisie, konst. Rachel Hendriks, het haar buurman onraad vermoed to sy nie op haar selfoonboodskappe reageer nie.
Die plaaslike polisie is in kennis gestel waarna hulle haar liggaam in die slaapkamer gevind het.
Geen misdaad word vermoed nie. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'