Advertorial Gallery Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Veiligheidshekke en diefwering is waarskynlik een van die bekostigbaarste maniere om die veiligheid van jou huis op te gradeer.
Aangesien dit 'n eenmalige uitgawe is, kan jy net sowel seker maak dat dit reg en in styl gedoen word sodat jy snags rustig kan slaap.
Traxdor in Mosselbaai is trots op die vervaardiging en installering van hoë kwaliteit veiligheidsversperrings vir skuifdeure, deure en vensters. 'n Verskeidenheid praktiese diefwering wat ook by die estetiese waarde van moderne wonings en besighede aansluit, word deur Traxdor vervaardig.
Traxdor het saam met die Tuinroete gegroei en voorsien veiligheidsversperrings wat ook by jou huis se omgewing langs die kus sal inpas.
Die Traxdor-agentskap op Mosselbaai word deur Heleen en Loot (eienaars) en Marinus (konsultant) op Voorbaai bedryf.
Die Traxdor-span staan bekend vir hul uitstaande diens en gehalte produk in die Tuinroete.
Die agentskap het van krag tot krag gegroei en die agentskap se kantore is by die Traxdor-fabriek waar die produkte gemaak word geleë.
Dit is 'n spanpoging en fabriekeienaars, Dawie Maartens en Nico de Lange verskaf die veiligheidsprodukte aan die Tuinroete-agentskap wat verantwoordelik is vir die bemarking en installering van die veiligheidsprodukte.
VIDEO: Traxdor vir top veiligheid
Traxdor vervaardig 'n verskeidenheid veiligheidsprodukte wat onder meer diefwering, aluminium traliehekke (trellis), veiligheidsluike (shutters) en veiligheidsinsekskerms (insect screens) insluit.
Loot sê: "Die Tuinroete groei en inwoners verkies dat hul veiligheidsversperrings nie hul uitsig oor ons pragtige omgewing belemmer nie. Die mark het dus die veiligheidsluike en veiligheidskerms goed ontvang."
Boonop vervaardig Traxdor veiligheids-versperrings wat weens die ligging langs die kus met spesiale behandeling die roesproses vertraag.
"Al ons produkte word spesiaal behandel (deur dit te chromatize) en beskerm die produk teen roes. Daarom is ons veiligheidsprodukte nie 'n produk wat jy herhaaldelik gaan moet vervang nie," sê Loot.
Omdat ons kantore by die fabriek geleë is het inwoners die opsie om te kom kyk hoe hulle produkte vorder en gemaak word. Ons glo aan persoonlike diens en het 'n kontaknommer wat 24uur per dag beskikbaar is. Ons kliënte kom eerste en ons praat in persoon met ons kliënte sodat hulle nie met 'n vreemde stem oor 'n telefoon hoef te kommunikeer nie."
FOTOGALERY: Traxdor is trots op hulle hoë kwaliteit veiligheidsversperrings
'n Gewilde opsie by Traxdor is beslis die aluminium (trellis) traliehekke met die opsie van 'n alarm wat aan die hek gekoppel kan word. Sodra daar met die hek gepeuter word, gaan 'n alarm by die hek af. Loot sê die alarm kan ook met 'n huisalarm gekoppel word. Elke veiligheidshek wat deur Traxdor verskaf word het ook 'n lewenslange gratis herstel opsie indien die hek tydens 'n inbraak beskadig word (T's and C's apply).
"Indien jou hek beskadig word as gevolg van inbraak, sal ons dit vir jou gratis herstel."
Traxdor in Mosselbaai is trots op die vervaardiging en installering van hoë kwaliteit veiligheidsversperrings.
Loot sê elke Traxdor-veiligheidshek kry ook een gratis herinstallasie. Indien inwoners in Mosselbaai en George byvoorbeeld moet trek en 'n hek vir die doeleinde uitgehaal moet word, sal Traxdor dit gratis doen.
Beveilig jou woning in styl en kontak Traxdor, Mosselbaai se topvervaardiger van veiligheidsdeure en -vensters en installeer diefwering van goeie gehalte om sodoende die sekuriteit van jou huis of besigheid op te gradeer.
Kontak 083 493 0120 of besoek Traxdor by 24 Via Appie, Voorbaai Cres, Mosselbaai.
Traxdor takes great pride in the manufacturing and installation of high quality retractable security barriers for sliding doors, doors, windows and most openings that need to be secured. A manufacturing plant was opened in 2013 in Mossel Bay to service Southern Cape customers.
All the products of Traxdor Mossel Bay are custom made and manufactured at the factory in Mossel Bay, using the best grade materials to ensure maximum strength and exceptional quality.
Traxdor Mossel Bay products include aluminium trellis doors, aluminium burglar bars, transparent window bars, gates, Traxdor insect screens and doors as well as aluminium security fly screens for doors and windows with a stainless steel mesh as well as safety shutters.
Loot Lombard is die eienaar van Traxdor Tuinroete-agentskap.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'