Advertorial
GEORGE NUUS - Inwoners van die Tuinroete word met groot opwinding hartlik uitgenooi na die opening van Supa Value Foods George op 25 November.
Dit gaan 'n besliste inkopie-ervaring wees met groot openingspromosies. 'n Groot reeks gevriesde produkte byvoorbeeld: alle hoendersnitte, groente, vrugte, kaas, kruideniersware en nog vele meer sal beskikbaar wees.
Die maatskappy, wat reeds wyd bekendheid verwerf het in die Oos-Kaap, open sy eerste tak in die Wes-Kaap in George te Pearlstraat 7 in Tamsui Industria (in die ou Parmalat gebou).
Die maatskappy het 36 jaar gelede begin handeldryf as die Cold Storage Group en sedertdien van krag tot krag gegaan. Tans is daar bestaande takke in King Williamstown, Mthata, Uitenhage, Queenstown en Oos-Londen.
Met die opening van ons nuwe tak in George sal ons nou klante kan diens vanaf Kokstad tot binne in Swellendam. Supa Value foods se direksie lê groot klem op goeie pryse en diens.
Ons missie kan saamgevat word in ons slagspreuk: "Fabriekspryse direk aan die publiek".
As gevolg van steun van ons vennoot, Sovereign Foods, is dit moontlik dat klante die beste pluimveeprodukte soos Chicken Tizer, Cater Chicken en Country Range by ons kan koop. Ons wil ons klante by voorbaat verwelkom en sien daarna uit dat hul deel kan wees van die nuwe inkopie-ervaring met produkte teen die beste pryse.
Daar is behoorlik hard gewerskaf die afgelope ses maande om te verseker dat ons plaaslike gemeenskap getrakteer word op 'n onvergeetlike inkopie-ervaring.
'n Nuwigheid by die onderneming in George is die deli. Klante sal in die winkel self eerstehands van die klaar voorbereide gehalte produkte kan koop.
Die bestuur is dit eens dat hulle graag 'n bydrae wil maak tot George se groeiende ekonomie. Altesaam 40 plaaslike mense is in diens geneem en hulle sien daarna uit om klante vanaf 25 November te verwelkom.
Winkelure is van Maandag tot Vrydag 07:30 tot 17:30 en Saterdag van 07:30 tot 13:00, vir die gerief van klante. Voldoende parkering is beskikbaar.
Vir meer inligting kontak: 044 492 0051/0054 of stuur 'n e-pos na ajacobs@sovfoods.co.za.
Personeel van Supa Value Foods, George is gereed vir die amptelike opening op 25 November.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'