GEORGE NUUS - Dit het tyd geword om emosies eenkant te skuif en planne te beraam vir die oorlewing en voortbestaan van sy besighede. Só het dr. Willie Cilliers, eienaar van 'n aantal kleinsakeondernemings in George, Dinsdag gesê.
Hy is een van talle sakeleiers in George wat aanpassings maak om die impak van die algehele inperking te oorleef. Hy moes sy sakeondernemings, waaronder die gewilde Upstairs at Harry's, se deure tydelik sluit.
Volgens Cilliers was daar reeds in die voorafgaande twee weke 'n afname van 60% in verkope met die sluiting van skole asook die inperking op getalle asook verkoopsure.
"Die 21 dae sonder inkomste en steeds dieselfde kostes is inderdaad die resep vir 'n groot kontantvloei tekort."
As deel van die Covid-19 uitbraak het die regering verskeie hulppakette aangekondig met webtuistes waar besighede moet registreer. Daar word daagliks aan die vereistes en verlangde dokumente verander en die departement van kleinsake-ontwikkeling onderneem om teen 2 April die korrekte inligting deur te gee.
"Dit veroorsaak geweldige verwarring onder kleinsake en dit is ook glad nie seker of daar enige hulp beskikbaar sal wees nie."
Volgens Cilliers sal kleinsake-ondernemings moet saamstaan en mekaar ondersteun om sover moontlik besighede weer aktief te laat funksioneer na die inperking.
Lees ook 'n artikel, Companies take strain during lockdown.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'