GEORGE SAKE NUUS - Indien jy onlangs in Hiberniastraat afgery het, sou jy dalk opgemerk het dat die kenmerkende ‘blou apteek’ met ‘n nuwe voorkoms spog.
Dié Link Apteek is op 1 April vanjaar oorgeneem deur ‘n nuwe eienaar, Leonie White, bygestaan deur haar man Tallie, ‘n rekenmeester van beroep. Tallie en Leonie is afkomstig van Springs in Gauteng waar Leonie 22 jaar betrokke was in ‘n Link Apteek waar sy dan ook ‘n vennoot en aandeelhouer was.
George het die Whites se harte egter gesteel en hulle het drie jaar gelede hier-heen verhuis. Leonie het die apteek oorgeneem by die vorige eienaar, Nico Joubert wat menigte jare in die apteek werksaam was.
Die apteek is bekend vir sy Ress-salf wat na alle uithoeke van die land gepos word.
Die personeel is almal reeds lank werksaam hier (97 jaar diens saam in totaal). Menigte kliënte wat die apteek besoek, kom al ‘n baie lang pad saam met Ress en Van Zyl en dit is wat hierdie apteek so uniek maak.
Leonie en Tallie wil graag baie dankie sê aan al hierdie getroue kliënte en verseker hulle van die beste diens te alle tye. Hulle sien uit daarna om almal te ontmoet - maak gerus ‘n draai en leer ken die vriendelike personeel.
Ress en Van Zyl se dienste sluit in:
1. Gratis aflewering;
2. Bloeddruk-, bloedglukose- en cholesteroltoetse;
3. Gesinsbeplanning;
4. Vitamiene-inspuiting;
5. Hulle is ingekontrakteer by die meeste mediese fondse.
Kontakbesonderhede:
Tel: 044 873 2393
Faks: 044 874 6025
E-pos: resvzyl@mweb.co.za
Hiberniastr 83
Die vriendelike personeel van Ress en Van Zyl Apteek (van links): Esmarealda Appels, Susan Beukes, Annatjie Louw, Chrissie Booysen, Zuretha Morris en Jolandie Esterhuizen saam met die nuwe eienaars, Tallie en Leonie White.