Sponsored Content
SAKENUUS - Voor ‘n insolvent ‘n einde kan bring aan die sekwestrasie van sy boedel, moet hy/sy eers gerehabiliteer word.
Na rehabilitasie sal die insolvent weer van voor kan begin en kwytgestel wees van sy/haar skuld voor sekwestrasie.
Die rehabilitasie proses verskil van een insolvente boedel na die ander. Die opsies wat oorweeg kan word, hang af van die eise wat bewys was teen die boedel, die opbrengs wat beskikbaar was vir krediteure, of enige oortredings gepleeg was, ens.
‘n Insolvent sal outomaties rehabiliteer na die verloop van tien jaar vanaf die datum van sekwestrasie. Alternatiewelik, kan ‘n insolvent vroeër gerehabiliteer word by wyse van ‘n hofbevel.
Die Insolvensiewet skryf verskeie voorwaardes en verskillende tydsbeperkinge voor, voordat ‘n insolvent mag aansoek doen vir rehabilitasie van sy/haar boedel.
Die mees algemene voorwaardes word hieronder verduidelik:
- Kompromie vir nie minder as vyftig sent in die Rand:
Wanneer ‘n kompromie aangegaan word, sal die Meester ‘n sertifikaat uitreik wat bevestig dat krediteure ‘n kompromie aanbod aanvaar het en waarin betaling gemaak was of sekuriteit gegee was van nie minder as vyftig sent in die Rand vir elke konkurrente skuldeiser wat ‘n eis bewys het. - Na die verloop van vier jaar:
Gewoonlik kan ‘n insolvent aansoek doen om gerehabiliteer te word na die verloop van twaalf maande na die eerste rekening bekragtig was. Nietemin kan ‘n bevel eers gemaak word na die verloop van vier jaar vanaf die datum van sekwestrasie. Die Meester het egter die diskresie om ‘n aanbeveling te kan maak dat die insolvent voor die verloop van vier jaar gerehabiliteer kan word. - Wanneer daar geen eise bewys was na verloop van ses maande nie:
Wanneer die periode van ses maande verloop het en daar geen eise bewys was teen die boedel nie, die insolvent nie by ‘n vorige geleentheid gesekwestreer was nie en/of ook nie skuldig bevind was van bedrog nie kan hy/sy aansoek doen om gerehabiliteer te word. - Na volle betaling van eise:
Die insolvent mag ‘n hofaansoek bring enige tyd na die Meester die distribusieplan bekragtig het en die bewese skuldeisers ten volle betaal word. Die dividend aan skuldeisers moet die rente ook insluit wat opgeloop het vanaf die voorlopige sekwestrasie bevel.
Onderhewig aan enige voorwaardes opgelê deur die hof, bring rehabilitasie ‘n einde aan die sekwestrasie verrigtinge, onthef die insolvent van alle voor-sekwestrasie skuld (behalwe skuld wat ontstaan het uit bedrog) en onthef die insolvent van enige onbevoegdheid as gevolg van die sekwestrasie.
Vir meer inligting, kontak Enrico by enrico@rgprok.com of 044 601 9900. www.rgprok.co.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'