Advertorial
TUINROETE SAKE NUUS - Rauch Gertenbach Prokureurs is sedert 1919 gevestig as een van die voorste prokureursfirmas in die Suid-Kaap.
Die firma het, soos die Tuinroete self, ’n ryk erfenis en is trots op sy verbintenis en langdurige verhoudings met kliënte in Mosselbaai, George, die groter Suid-Kaap en die Karoo. Die firma se voortbestaan is gebou op sy vermoë om deurentyd aan sy kliënte se behoeftes te voldoen en daardeur ’n persoonlike vertrouensverhouding met hulle op te bou.
Rauch Gertenbach bied sy kliënte spesialisdienste oor ’n wye spektrum van die reg. Markaanvraag het tot gevolg gehad dat volwaardige prokureurskantore, asook fidusiêre dienste en boedel-beredderingskantore in George sowel as Mosselbaai bedryf word.
Die firma se dienste is egter nie beperk tot die onmiddellike omgewing nie en Rauch Gertenbach assosieer hom met ander hoogs gekwalifiseerde regslui en diensverskaffers om sodoende dienste aan kliënte reg oor die land te bied.
Die firma bestaan tans uit 10 professionele personeellede wat deur meer as 30 uiters bekwame personeellede bygestaan en ondersteun word. Baie het meer as 20 jaar diens.
“Ons voortbestaan en die smee van langdurige verhoudinge met kliënte en verskaffers is diep gewortel in opregte vertrouensverhoudinge wat gebou word deur gefokusde persoonlike aandag en diens, tot gemeenskaplike voordeel,” vertel die direksie.
Besoek ook www.rgprok.co.za of die kantore by Kerkstraat 10 in Mosselbaai of Yorkstraat 120 in George.
Kelly Fourie is aangestel as prokureur.
Lizelle Jacobs aangestel as prokureur.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'