Advertorial
TUINROETE SAKENUUS - Die bemarkers by Rheebok Village Estate se lof word nie net hierdie maand besing omdat beide van hulle vroue is nie. Hulle verdien om geprys te word op meriete.
Bekend vir hulle behulpsaamheid en vriendelikheid, is Bonita Potgieter en Santjie Conradie gerieflik gebaseer by die landgoed se verkoopskantoor, waar hulle ook 'n onmisbare diens aan buite-agente lewer.
Bonita het uitgebreide kennis en ervaring, omdat sy sedert die ontstaan van die ontwikkeling aan boord is. Santjie, 'n inwoner, kan eerstehands aan voornemende kopers verduidelik waarom dit 'n proposisie is om in Rheebok Village Estate te belê. "Ons dra mekaar se belange op die hart. Kom beleef dit gerus self."
Die verkoopskantoor is oop Maandag tot Vrydag, 08:00-17:00 en Saterdag en Sondag, 14:00-17:00.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'