Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Dié breë glimlagte behoort aan die personeel van die plaaslike hoofkantoor van die landswye onderneming, Power Measurement, wat in April hul 25ste bestaansjaar met 'n gesellige piekniek-braai gevier het om so te verseker dat sosiale afstand gehandhaaf word.
'n Heerlike koek en 'n fotosessie het darem gesorg dat almal weer bymekaar kon kom vir 'n groepsfoto waar die maskers vinnig afgehaal is om die oomblik in die geskiedenis te verewig.
Die meeste van die personeel in George en in die takke in Kaapstad en Gauteng is al vir baie jare in diens van die maatskappy met direkteure Marietjie Launder en Johan de Klerk onderskeidelik 10 en 17 jaar diens.
Power Measurement lewer dienste vir meterlesings, voorafbetaalde elektrisiteit en water, voorsiening van metertoerusting, oudits en bekostigbare koeponoplossings vir boere en verhuurders.
Skakel gerus 086 107 6937 vir meer inligting, of besoek hul vriendelike kantoor by Merrimanstraat 81, George.
Webwerf: www.powermeasurement.co.za
Die maskers is net vinnig vir die fotosessie afgehaal. In die middel voor sit Power Measurement se direkteure Marietjie Launder en Johan de Klerk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'