Advertorial
GEORGE NUUS - Pacaltsdorp Apteek bedien hul gemeenskap die afgelope 18 jaar met vriendelike, behulpsame personeel en 'n heerlike spangees onder kollegas.
Die apteek is in Missionstraat geleë, slegs 300 m van die verkeersdepartement - heel gerieflik vir kliënte wat ID-foto's benodig.
By Pacaltsdorp Apteek is die medikasie bekostigbaar en die meeste mediese fondse word aanvaar.
Die apteek is gekontrakteer met Gems en Discovery vir akute en kroniese medikasie.
Kliniekdienste word daagliks aangebied, waaronder die neem van bloeddruk, bloedsuikertelling, cholesterol en ook die toedien van voorbehoedinspuitings.
Elke Saterdag bied die apteek 'n babakliniek aan, waartydens suster Caroline Hector immunisasies toedien en opvolgbesoeke hanteer.
Pacaltsdorp Apteek is geleë in 'n mediese sentrum, saam met 'n tandarts- en dokterspraktyk, sowel as 'n oogkundige.
Die apteek lewer 'n spesiale diens aan tehuise vir bejaardes, soos die blitspakke wat aan pasiënte voorsien word, waar maandelikse medikasie vooraf gepak word.
Apteekeienaar, Lerene van Niekerk, vertel wat 'n plesier dit is om in Pacaltsdorp werksaam te wees: "Sedert ons in September 2004 ons intrek in die gemeenskap geneem het, voel almal wat hier werk soos ou Pacaltsdorpers. Nie alleen het die gemeenskap ons diens omarm nie, maar knoop gereeld geselsies aan wat 'n mens werklik laat voel of jy 'n verskil maak.
Soveel soos ons 'n diens lewer aan die gemeenskap, gee hulle terug aan ons, deur ons deel te maak van hul daaglikse doen en late. Dit is heerlik om in Pacaltsdorp te praktiseer. Hier deel ons saam in mekaar se vreugdes en hartseer."
Skakel ons gerus by 044 878 1700; e-pos na lerene1@telkomsa.net of stuur 'n faks na 086 762 3128.
Die span is van links: Suzette Stoffels, Danelle Badenhorst, Lerene van Niekerk, Zane Damons, Mari Jonck, John Haas en Sony Abrahams. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'