Sponsored Content
GEORGE NUUS - Die gewilde spreker Johan Smit besoek weer George op Sondag 12 April.
Johan is verbonde aan VitaAmp en werk al vir baie jare intensief met jongmense, ouers en skole.
Hy is ’n bekende stem oor jeugontwikkeling en ouerskap, en het ’n passie om jongmense te help floreer en ouers toe te rus vir die uitdagings van vandag.
Johan preek die oggenddiens om 08:30 by George-Bergsig Gemeente.
Om 17:00 bied hy ook ’n praktiese ouerleidingsessie aan met die tema: “Ouerskap: Wat sê die kenners?”
In hierdie gesprek deel hy insigte oor jongmense, gesonde ontwikkeling en hoe ouers hulle kinders in ’n komplekse wêreld kan begelei.
Die sessie word gratis aangebied en geen vooraf inskrywing is nodig nie. Kom luister gerus saam en ontvang nuwe perspektief en inspirasie by hierdie besondere geleentheid.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’