Sponsored Content
GEORGE NUUS - Regina Windwaai, beter bekend as Moekie van Borcherds is vir meer as 33 jaar ‘n inwoner van Wyk 20.
Moekie is die ma van vier pragtige dogters. Sy geniet netbal en het daarom ‘n passie vir sportontwikkeling.
"Ek is al vir meer as 30 jaar 'n inwoner van Borcherds. Regina, ook bekend as Moekie in die gemeenskap, is die enigste kandidaat wat ek kan aanbeveel om ons wykraadslid te wees.
"Sy is aktief in ons gemeenskap betrokke. Moekie het baie gemeenskapskwessies aangespreek en ons kan haar vertrou om na die belange van al ons mense om te sien." – Pricilla Hendricks, Inwoner van Wyk 20
My prioriteite
- Ek sal veg om te verseker dat Wyk 20 op die behuisingsprojeklys bly en mense help om op die behuisingswaglys geplaas te word.
- Ek sal gesondheidskwessies aan die departement van gesondheid rapporteer en versoek dat 'n kliniek in ons wyk gebou word, wat dit makliker vir inwoners maak om gesondheidsorg te ontvang.
- Ek sal motivering gee vir jeug- en vaardigheidsontwikkelingsprogramme in ons wyk.
- Ek sal veg om te verseker dat slegs plaaslike werkers vir EPWP-projekte oorweeg word.
- Ek sal verseker dat alle diensleweringsklagtes die aandag kry wat dit verdien sodat alle inwoners steeds kwaliteit dienste ontvang.
Ploeg terug
Moekie se lewe lewer getuienis daarvan dat ten spyt van stampe en stote, ‘n mens weer kan opstaan en ‘n voorbeeld kan stel. Deur haar betrokkenheid by die DA en haar mense vir meer as 16 jaar is sy in staat gestel om terug te ploeg in haar gemeenskap.
Sy dien haar gemeenskap reeds met ywer in verskeie rolle, onder andere as die DA-takvoorsitter en dien ook op die George-kiesafdeling. Sy is deel van die DA sedert 2003. ‘n Geselsie met enige persoon in die gemeenskap bevestig en getuig daarvan dat hulle altyd na Moekie kan gaan met enige klagte. Sy sal uit haar pad gaan om hulle van hulp te wees.
“Daarom kan kiesers van Wyk 20 met oortuiging stem vir Regina “Moekie” Windwaai op 17 Julie 2019 om dienslewering op jou voorstoep te hou. Hou jou wyk blou. Stem DA.”
- VIR MEER INLIGTING, BESOEK: da.org.za/ward-20-geo
- STEM VIR REGINA ‘MOEKIE’ WINDWAAI, WYK 20 GEORGE, WOENSDAG, 17 JULIE 2019
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'