GEORGE NUUS - NGK Bergsig-gemeente se Oase Ouerskap-bediening skop eerskomende Sondag, 28 Januarie, om 18:00 af met hulle eerste sessie aan ouers.
Spelterapeut, Lianca Fourie, gaan tydens die sessies praktiese wenke en raad vir jou gesin gee om hierdie jaar so gesond en gelukkig as moontlik saam aan te pak.
'n Nuwe jaar is altyd weer 'n nuwe geleentheid om dinge anders te doen en met positiwiteit te benader.
Moenie hierdie geleentheid om 2024 op die regte noot te begin, misloop nie.
Die Oase Ouerskap-bediening het in 2022 tot stand gekom om ouers toe te rus en by te staan te midde van die groot uitdagings wat ouerskap inhou. Verskeie geleenthede word gedurende die jaar aangebied en sluit sessies deur sielkundiges, arbeidsterapeute, spelterapeute en pediaters in.
So moenie die sessie misloop om 18:00 by die kerk op die hoek van Meyer- en Vierdestraat, Bergsig nie.
'n Gratis kinderoppasdiens is beskikbaar vir kinders 3 tot 12 jaar (bespreking is noodsaaklik).
Skryf in by https://qkt.io/WKwK3N
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’