Advertorial
GEORGE SAKE NUUS - 'n Nuwe upmarket nagklub, Mzanzi Lounge, maak Vrydag 27 Oktober sy deure in George oop.
Mzanzi Lounge maak oop in Courtenaystraat, by dieselfde perseel waar Zanzibar voorheen was.
Roland Treurnicht, wat ook Rush-nagklub in Pacaltsdorp besit, sê daar is 'n behoefte aan 'n meer gesofistikeerde nagklub in die George-gebied, 'n samestelling van wat nagklubs in Johannesburg en Kaapstad bied.
"Die idee is om hierdie kuierplek in een van die streek se mees gewilde kuierplekke te omskep waar alle inwoners van George en besoekers die nagklublewe kan geniet. Groot DJs word vir die komende vakansieseisoen beplan."
Die nagklub spog met twee kroeë, 'n ruim dansvloer en 'n VIP lounge waar kuiergaste Vrydae en Saterdae lekker kan kuier. Musiek sal ook bietjie verskil van jou gewone nagklub met house music, as die universal music, wat gaste op hul voete sal hou.
Sondagaande sal gaste na jazz en live bands kan kom luister.
Al drie aande se dress code is streng semi-formeel.
"Dan is daar ook 'n sportkroeg wat van Woensdag tot Sondag oop sal wees met vyf potspeltafels vir die vurige aanhangers of net sport ondersteuners wat op soek is na 'n goeie tyd in 'n sportkroeg. Sportkroeg is oop vanaf 14:00 en alle rugbywedstryde sal hier op grootskerms geniet kan word."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'