Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Dr. Trix Jonker is 'n algemene praktisyn wat reeds jare se ondervinding in natuurlike geneeskunde en homeopatie het. Sy het haar verder bekwaam in funksionele geneeskunde en kyk veral na die funksie van die liggaam.
As gevolg van haar man ds. Johan Jakobs se verhuising vanaf Bloemfontein na Oudtshoorn het sy besluit om 'n praktyk op Oudtshoorn en George oop te maak.
Haar praktyk in Merrimanstraat 132, George, sal in Oktober ten volle in werking tree. Sy is tans nog in Bloemfontein, maar beoog om permanent na George en Oudtshoorn te skuif.
Dr. Jonker fokus veral op gesondheid en kwaliteit lewe. "Ek het begin lees oor dieet en gesondheid en die Amerikaanse kursus in funksionele medisyne gedoen. Daarna het ek ook die Franse kursus in homeopatie gedoen. Die apparaat wat ek tans gebruik is afkomstig uit Duitsland waar ek dan ook opleiding gekry het."
Om te sien hoe die liggaam funksioneer gebruik sy twee rekenaarprogramme wat op sellulêre vlak die liggaam skandeer. Daarvolgens kan sy dan presies sien waar die probleme lê en dan dienooreenkomstig behandel.
My benadering berus op vier aspekte:
• Dieet
• Orgaanfunksies
• Aanvullings/tekorte en
• Streshantering.
"Die liggaam funksioneer as 'n geheel en al hierdie aspekte saam bring weer goeie kwaliteit lewe terug."
Die algemeenste toestande wat funksioneel behandel kan word is: Fibromialgie, skeelhoofpyn (migraine), chroniese hoofpyne, moegheid, trae skildklier (baie algemeen), spastiese kolon, insulienweerstandigheid, allergieë soos sinus en ekseem, spierkrampe en angsaanvalle om maar net 'n paar te noem.
Die meeste mediese fondse betaal vir die konsultasie en masjienbehandelings wat deur die praktyk geëis word.
Pasiënte is welkom om haar te kontak by 082 859 3042 vir 'n afspraak of om net te hoor of hulle gehelp kan word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'