Advertorial
SAKE NUUS - Hyundai Oudtshoorn in Langenhovenweg is onder nuwe eienaarskap nadat Bilal Suleman en Basil Britz vroeër vanjaar dié franchise by die vorige eienaar, Koos Schoeman gekoop het.
Bronwyn Dyter, oorspronklik van Graaff-Reinet, is aangestel as takbestuurder. Dyter, wat nou maar eers 'n maand gelede op Oudtshoorn nes geskop het, sê dat sy groot planne het om Hyundai Motors wéér as die topmotorhandelaar op Oudtshoorn te hervestig.
Volgens haar het heelwat plaaslike boukontrakteurs reeds hul kwotasies ingedien vir die grootskaalse opknappingswerk wat Hyundai vir binne en buite die perseel in gedagte het. "Hoewel ons nie strukturele veranderings gaan aanbring nie, sal ons tak eersdaags met 'n splinternuwe motorwas-area, rekenaarstelsel, vertoonlokaal, onderdele- en diensafdeling spog.
Ons amptelike handelskleure gaan ook van blou na bruin verander."
Vroeg volgende jaar behoort alles afgehandel te wees. Hyundai bied ook 'n aansporingsfooi van tot R2 000 vir enige lid van die publiek wat 'n klant suksesvol na dié tak verwys indien die kooptransaksie suksesvol is.
Indien 'n motor nie in die vertoonlokaal beskikbaar is nie, sal Hyundai die voornemende klant se keuse van motor deur die landswye motorhandelaarsgroep (Cardinals Motor Corporation) waaraan hulle behoort, opspoor.
Alle nuwe Hyundai-motors kom met 'n sewe jaar of 200 000 km-waarborg. By die diensafdeling is alle motorfabrikate wat nie meer onder waarborg is nie, ook welkom.
Sy sê dat sy baie dankbaar is vir die meer as 100 jaar ondervinding waaroor haar personeellede gesamentlik beskik. "Dis ervaring wat 'n mens nie agter elke bos uitskop nie. Goeie klantediens is uiteraard baie belangrik vir my, maar jou werkers se houding en werksetiek is die hoeksteen waarop enige winsgewende maatskappy gebou is. My leuse is altyd; gelukkige werknemer, gelukkige klant."
Hyundai Oudtshoorn stal op 27 en 28 September sy vloot motors by die Nywerheidsuitstalling op Uniondale uit.
Besigheidsure is Maandae tot Vrydae vanaf 07:30 tot 17:30 en Saterdae vanaf 09:00 tot 13:00. Skakel Hyundai Oudtshoorn by 044 279 3010 of na-ure by 072 236 1872 vir algemene navrae of vir motors wat onklaar is.
Die personeellede van Hyundai Oudtshoorn is voor, van links: Gerrit Solomons, Alveira Wagenaar, Bronwyn Dyter (bestuurder), Rochelle Jantjies en Irene van Stryp. Agter: Jaco Delport, Riana du Plessis, Theo Delport en Jacobus Meyer. Afwesig: Deon Koen en Francois van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'