Die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat tydelike werknemers ná drie maande dieselfde voordele as permanente werknemers moet ontvang.
Dit kan volgens Johan Kruger, adjunksekretaris van Solidariteit, indiensname geweldig kniehalter.
“Die wetswysiging kan dodelik vir indiensname wees,” het hy gesê.
Volgens Kruger kan die nuwe wetgewing veroorsaak dat minder mense enigsins werk kry en werknemers wat tydelike werk het, se kontrakte ná drie maande nie hernieu word nie.