Sponsored Content
SAKENUUS - Boplaas, wynplaas en stokery in Calitzdorp, spog weer met 'n rits nasionale en internasionale toekennings.
Boplaas is bekend vir sy wye aanbieding, maar veral vir die deurlopende kwaliteit, wat weer deur die kompetisies beklemtoon is.
Onder die mees onlangse toppresteerders was Boplaas se rooiwyn, port en whiskey.
Boplaas is aangewys as een van die topprodusente by die Veritas-toekennings, wat op 12 Oktober gehou is, met twee dubbel goud en vier goue medaljes.
Veritas is een van die oudste en grootste wynkompetisies in Suid-Afrika.
Volgens Rozanne Nel van Boplaas, is hulle veral opgewonde oor die Boplaas Stoepsit Merlot 2023 wat ‘n goue medalje by die wynskou verower het.
"Dit is vernoem na matriarg, ouma Roline Nel, wat ‘n groot liefde vir die Boplaas Sauvignon Blanc gehad het en elke dag twee glase op haar stoep saam met vriende geniet het. Vriende wat rooiwyn verkies het, het die Boplaas Merlot geniet."
Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2019 en die Boplaas Cape Tawny NV het albei ‘n dubbel goue medalje verower. Die Cape Tawny NV het 94 punte by Master of Wine, Tim Atkin behaal.
Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2019 het vyf sterre by Platter Wyngids ontvang.
Whiskey
Boplaas se whiskey is ook onlangs weer vereer. By vanjaar se IWSC (International Wine and Spirit Competition) het die Calitzdorpers nogmaals gewys dat hulle stookkuns met die wêreld se beste kan kompeteer.
Die ervare internasionale beoordelingspaneel het aan Boplaas se nuutste whiskey, die 10YO Single Grain Rum Cask, 95 punte asook ‘n goue medalje toegeken.
Die whiskey is vir vyf jaar in Amerikaanse eikehoutvate verouder en toe vir nog vyf jaar verouder in vate wat voorheen gebruik is vir die veroudering van rum. Die whiskey was binne vier weke van vrystelling uitverkoop gewees.
Hanepoot
Die Boplaas Hanepoot is ook onlangs by die SA Jongwynskou bekroon as die nasionale kompetisie se beste inskrywing.
Die Jongwynskou is Suid-Afrika se oudste kompetisie en het vanjaar 1 387 inskrywings gelok.
Hierdie nuutste pryswenners is wyd verkrygbaar, insluitend by die plaas se verskeie proelokale in Calitzdorp, Redberry Farm, George en Hart & Bosch en Hartenbos.
Dit kan ook aanlyn gekoop word by www.boplaas.co.za.
Bel 044 213 3326 of e-pos info@boplaas.co.za vir meer inligting.
Margaux Nel with Stoepsit Merlot 2023 Veritas 2024.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’