GEORGE NUUS - Teken 22 Maart aan, maak 'n knoop in jou oor, want hierdie jaar word sake-ontbyte na die volgende vlak geneem.
Die elegante Tramonto speel vanjaar gasheer vir nog 'n groot sake-ontbyt wat nie gemis moet word nie.
Die sake-ontbyte wat sy ontstaan gehad het in 2012 met Jannie Mouton as eerste gasspreker het gegroei tot 'n hoogtepunt op die George-kalender.
Danksy groot belangstelling vanuit die Tuinroete.
Die formaat sal die vorm aanneem van 'n paneelgesprek wat gelei word deur die veteraan-televisiepersoonlikheid en joernalis, Freek Robinson.
Gassprekers is selektief genader en daarom verwelkom ons graag verteenwoordigers van Citadel, Mediclinic se hoofkantoor asook die hoof- uitvoerende beampte van OUTsurance op die paneel.
Onderwerpe wat bespreek sal word, sluit in, die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2018 en die impak wat die politiek daarop kan hê, asook Suid-Afrika as beleggingsbestemming en die impak van eksterne faktore soos president Donald Trump se uitsprake.
Verder kan gaste verwag dat die Steinhoff-skandaal asook die sogenaamde fluitjieblaser, Viceroy (wat aan Capitec kopsere veroorsaak het) ook bespreek sal word.
Elkeen van die paneelsprekers se onderskeie handelsmerke word ook bespreek soos hul planne vorentoe in 'n veranderde, vinniger wêreld. Dit sluit in lesse geleer en suksesse behaal.
Die hoogtepunt waarna gaste egter kan uitsien, is dat Freek relevante vra sal vra wat van toepassing is op die stad, George.
Een van hulle sal wees aan die Mediclinic-groep oor die "toutrekkery" in George oor waar die hospitaal gebou moet word. Kom kry antwoorde uit die "perd se bek".
OUTsurance staan op die punt om te noteer op die JSE. Uitbreiding na die Tuinroete word nie uitgesluit nie.
Die ontbyt begin om 8:00. Tafels is beskikbaar teen R1 500 per tafel (10 gaste). Enkelkaartjies is beskikbaar teen R150.
Dit sluit oudergewoonte koffie en ontbyt in. Gaste ontvang die geleentheid om vrae te vra.
Hierdie geleentheid gaan besonders wees te wyte aan die agt tafels wat reeds verkoop is.
Om teleurstelling te voorkom, word belangstellendes aangemoedig om vandag reeds hul tafels/enkelplekke te bespreek.
Skakel of WhatsApp 079 242 47 82 en maak seker jy is deel hiervan.
Die volgende borge word bedank: Citadel (hoofborg), George Herald (mediaborg), Henque Waste, Cell C, OUTsurance en Doughgetters Accounting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'