Advertorial
GEORGE NUUS - Marinus Barnard en Gavin Jordaan is trots twee assosiate van Rauch Gertenbach se kantoor in George.
Dis 'n firma met 'n tradisievolle geskiedenis wat vanjaar sy 100ste verjaarsdag vier en 'n reputasie van professionaliteit en kwaliteit handhaaf. Dié twee assosiate is die spil waarom die litigasieafdeling by die George-kantoor draai waar hulle 'n verskeidenheid professionele dienste aanbied.
Barnard het in April 2018 as kandidaatprokureur by Rauch Gertenbach aangesluit en na sy toelating as prokureur, homself by die firma gevestig om 'n gevarieerde litigasie- en dispuutresolusie-praktyk te ontwikkel met 'n spesiale belangstelling in bankwese- en finansiële reg, korporatiewe reg, kommersiële en kontrakreg, arbeids- en indiensnemingsreg, mediasie en arbitrasie, sportreg, en immigrasiereg, met kriminele reg wat onlangs bygevoeg is.
As 'n persoon met groot entoesiasme vir lewenslange opvoeding, kan hy verskeie kwalifikasies agter sy naam skryf: sertifikate in arbeidsreg (UVS), gevorderde arbeidsreg (UVS), vlugtelingreg en humanitêre ondersteuning (Unisa), provinsiale en plaaslike regeringsreg (Unisa) en sportreg (UPS), asook 'n LLB-graad (Unisa).
Hy is tans ook ingeskryf by Unisa vir sy LLM-graad in korporatiewe reg en dien as 'n lid in verskeie verenigings, waaronder die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Arbeidsreg.
Gavin Jordaan, 'n oudleerder van York High in George, spesialiseer in algemene litigasie in beide die landdros- en hooggeregshowe, asook egskeidings.
Hy het ná matriek sy BCom Regsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1998 voltooi waarna hy in die Verenigde Koninkryk gewerk het. Sy laaste 10 jaar van sy tyd in Londen het hy deurgebring in die veeleisende finansiële sektor by 'n multinasionale beskermfonds waar hy 'n sterk kommersiële agtergrond opgebou het.
Terwyl hy in Londen was, het hy sy LLB-graad deur Unisa verwerf en kort na sy terugkeer na George in 2013, voltooi hy sy internskap by Johan Weideman Prokureurs waar hy gewerk het tot met sy onlangse aanstelling by Rauch Gertenbach Prokureurs in September 2020.
Jordaan plaas graag sy kliënte se behoeftes voorop en sal te alle tye hulle belange beskerm. Sy vaardighede is geslyp deur intensiewe blootstelling aan 'n resultaatgedrewe industrie en kliënte. Hy lewer die hoogste vlak van professionele dienste sonder om sy persoonlike aanslag in te boet.
Kontak Rauch Gertenbach by: 044 601 9900.
Adres: Laché House, Yorkstraat 120, George.
Marinus Barnard
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'