GEORGE SAKE-NUUS - George-landbouskou skud die skouvere reg! Vir al die besoekers, "Kom kuier saam, die jaar se landbouskou bied vir elke besoeker iets besonders."
George-landbouskou is trots daarop om op Vrydag 30 Augustus om 10:00 die 35ste keer die Kudde-evaluerings aan te bied. Daar word twee groepe beoordeel nl. Merino en Dohne Merino's en agt ooie per deelnemer.
BKB-skeerdiens bied weer 'n skeerdemonstrasie op Vrydag 30 Augustus om 14:00 aan wat almal gewoonlik baie geniet.
Departement van landbou bied ook 'n verskeidenheid opvoedkundige programme in die Agri-Ekspo-saal aan.
Een van die hoogtepunte is sekerlik die sport en die toutrek tussen die 'mens en trekker'. Verlede jaar het die trekker gewen, maar soos die toutrekkers bekend gemaak het, gaan die trofee terug na die toutrekkers. Kom kyk wie gaan wen.
Saterdag gaan die landbouskou afgesluit word met nog baie aktiwiteite op die ovaalbaan van Dirt Karting, Bikes en natuurlik die Stockcars, maar dit is nie al nie, die veteraantrekkers gaan resies ry en om alles te kroon gaan ons eie hoofkunstenaar, Wicus van der Merwe, ook as gasbestuurder in die ontwikkelingspan ry. Moet dit nie mis nie.
Toegangskaartjie na die George-landbouskou dien ook as toegang tot die motorsport. Ingangkaartjies na 2019 George-landbouskou is nou beskikbaar by Computicket.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'