Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Klein Karoo Agri (Edms.) Bpk. se nuwe meganisasie- en besproeiingstak in George is op 1 September geopen tydens twee openingseremonies waartydens die personeel ook aan uitgesoekte gaste en kliënte bekendgestel is.
"Dis 'n groot geleentheid vir Klein Karoo Agri en ons doen dit met baie trots en met baie passie," het Terblanche du Plessis, besturende direkteur, tydens die opening gesê.
Hy het gesê die geleentheid om die tak te open het hom voorgedoen deurdat die CASE-agentskap in die mark gekom het en Klein Karoo Agri het dit aangegryp. Deur die CASE-agentskap sal CASE-trekkers en -landboutoerusting, sowel as konstruksietoerusting bemark en verkoop word.
"Klein Karoo Agri is trots op die verbintenis met CASE. In die moderne werkswinkel sal alle fabrikate trekkers en implemente gediens en herstel word. Die werktuigkundiges is uiters bekwaam."
'n Wye reeks onderdele, olie en baaltou word aangehou. Personeel het ook kennis van konstruksie- en grondverskuiwings-toerusting.
Die besproeiingsafdeling bied 'n verskei-denheid besproeiingspyp, -pompe en -toebehore asook watertenks. Daar is ook swembadpompe vir die swembadeienaars.
Volgens Du Plessis behoort Klein Karoo Agri 100% aan die landbouprodusent.
"Ons hoofdoel is die verskaffing van landbouinsette teen die laagste moontlike koste. Ons kyk hoe ons die beste prys vir die produsente kan kry. Met Klein Karoo Agri se slagspreuk "Jou eie!" wil ons hê dat elke produsent, kliënt en personeellid moet voel of Klein Karoo Agri sy eie besigheid is."
Besoek Klein Karoo Agri by Saffierlaan 14, Tamsui Industria in George of bel hulle by 044 878 0015.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'