Kliënte is onlangs by ‘n gesellige aand verwelkom waar talle topbestuur van Kempston en General Motors teenwoordig was.
"Daar word geen veranderinge in die personeel of werkwyse beplan nie," het David Brierley, Kempston se hoof van spesiale projekte, by die geleentheid gesê. "Ons het reeds etlike ander sakebelange in George wat ons graag met hierdie belegging wil konsolideer."
Tony Cotterell, voorsitter van Kempston Group was ook uit Oos-Londen by die geselligheid. Hy het gesê dat George ‘n belangrike rol in die Suid-Kaap speel as ‘n middelpunt vanwaar verspreiding maklik gedoen kan word.
Dit is Kempston se eerste handelaarskap in die General Motors-groep en hulle was duidelik geïmponeer met die grootte van die verkooplokaal en die verskeidenheid produkte wat te sien was.
Die ster van die aand was ongetwyfeld die nuwe Opel Astra wat pas in Suid-Afrika aangekom het. Die bekendstelling van die voertuig is deur General Motors Suid-Afrika vervroeg danksy navrae.
‘n Spesiale woord van dank is deur handelaarhoof, Patrick Price, aan sy personeel gerig vir hul hulp en werk tydens die proses van verandering.
"Ek is trots op ‘n fantastiese span wat almal saamwerk vir ons kliënte," het hy gesê.
Die gaste is toegespreek deur (van links) Patrick Price (handelaarhoof), Tony Cotterell (voorsitter: Kempston Group) en David Brierley (direkteur: spesiale projekte, Kempston Group).