Sponsored Content
GEORGE NUUS - Die outeur en spreker, Johan Smith, besoek George die 10de tot 12de April om ouers te kom toerus en motiveer.
Johan werk al meer as 30 jaar met jongmense, onderwysers, ouers en gesinne. Van sy meer as 30 boeke as outeur of mede-outeur fokus veral op dié groepe. Verder tree hy landswyd op in kerke en skole. Sy boodskappe, praatjies en reekse fokus op ouerskap, dissipelskap, depressie, uitbranding en geestelike groei.
George-Bergsig gemeente bied hierdie geleentheid aan as deel van hul Oase Ouerskap bediening wat in 2022 afgeskop het.
Die bediening het tot stand gekom om ouers toe te rus en by te staan te midde van die groot uitdagings van ouerskap. Verskeie geleenthede word gedurende die jaar aangebied. Lianca Fourie (berader wat spesialiseer in spelterapie) en Dr. Hetta van Niekerk (opvoedkundige sielkundige) het reeds vroeër vanjaar sessies aangebied. Later in 2022 sal daar ook praatjies wees deur arbeidsterapeute, spelterapeute en leraars. Die sessies handel telkens oor relevante temas wat met ouerskap verband hou.
Johan Smith gesels die 10de April om 18:00 oor jou kind en “entitlement”. Toegang is gratis en ‘n kinderoppasdiens is beskikbaar.
Besprekings is egter noodsaaklik en kan via Quicket geskied by die volgende skakel: https://www.quicket.co.za/events/170402-jou-kind-en-entitlement-johan-smith/#/ of by die gemeente se webwerf.
Aanwysings na die gemeente is ook op die skakel beskikbaar.
Johan bied ook ‘n motiveringsessie aan vir onderwysers Maandag die 11de April om 18:00. Die sessie is gratis en alle onderwysers is welkom. Stuur ‘n epos na rudolph@george-bergsig.co.za om hiervoor in te skryf.
Hy lei ook Sondag die 10de April se oggenddiens by George-Bergsig om 08:30.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'