Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Igrene Solutions bied reeds vir vyf jaar alternatiewe energie-oplossings aan 'n vinnig groeiende kliëntebasis oor die hele streek. Lees hul naam van agter na voor, en jy weet waaroor hul besigheid gaan: Energie!
Hierdie maatskappy met 'n personeelkorps van elf toegewyde individue het 'n stewige fondasie in George.
Die vakmanne spog met 'n gekombineerde ervaringsbasis van meer as 60 jaar in die elektriese, kommunikasie- en mynbou-outomatiseringsbedryf. "Assesseer, ontwerp, installeer en onderhou is ons sleutelbeginsels om kwaliteit teen die hoogste standaarde te verseker," sê die eienaar, Schalk Burger. "Ons fokusmarkte sluit in die kommersiële sektor, landbou- en gasvryheidsbedryf en gesondheidsorg."
Ongelooflike diens
Kliënte ontvang 'n 36-maande diens-kontrak saam met elke produk. So 'n kontrak is ook na die termyn hernubaar, vir gemoedsrus.
"Mense is nie aldag bewus dat die vyf jaar waarborgtydperk wat die hardeware vergesel streng onderhewig is aan die suksesvolle opgradering van die sagteware nie," sê Burger.
"Saam met die sagteware se opgradering moet sekere verstellings ook aan die produk gemaak word om te verseker dat dit effektief funksioneer. Sou daar enige defekte of foute by die hardeware opduik is die heel eerste ding wat die verskaffers wil bevestig, of die onderhoud gedoen is. Dit kan die waarborg van die produk nadelig beïnvloed en ongeldig laat.
"Dit is hierdie klein goedjies wat mense dikwels nie weet nie. Sekere produkte is byvoorbeeld nie geskik om op seevlak geïnstalleer te word nie, weens die metaal gradering vir roes. Daar is ook verskeie regulasies waaraan voldoen moet word vir die registrasie by munisipaliteite."
Slim keuse
Mense spandeer baie geld op produkte, daarom is dit belangrik dat hulle die eerste keer reg kies. Hiermee kan Igrene Solutions vir seker help. "Dit is absoluut ons fokus om seker te maak dat die oplossing aan die kliënt se behoefte voldoen. Ons pas stelsels aan om dit vir die kliënt te laat werk. Onderhoud na installasie is 'n groot prioriteit wat ons met trots bied," sê Burger. "Ons sien ons self as 'n vennoot in die hernubare energie sektor!"
Igrene Solutions is geleë by Meulstraat 14, George Industria. Kontak hulle by 044 001 0010 of stuur 'n e-pos na igrenesolutions@gmail.com.
Hierdie span werk saam soos 'n geoliede masjien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’